DIE STORIE
'n Blik deur die
oë van liefde
Dis oë wat ons waarde uitroep.
Somtyds is dit net moeilik om te glo dat ons liefgehê is. Dis moeilik om te begryp dat ons meer is as wat ons van onsself glo, van onsself dink, oor onsself voel.
Dis net daar waar ons nodig het om 'n ander perspektief te kry, deur die oë van liefde. Dis oë wat onvoorwaardelik liefhet, wat ons sien sonder vlek, skoon gewas, spierwit. Dis oë wat ons waarde uitroep, ons in Sy arms vashou, teen Sy bors vasdruk, oplig en trots oor ons spreek - Ek het jou lief. Nie oor wat ons gedoen het om dit te verdien nie, maar omdat ons Sy kinders is.
Dis 'n verklaring en 'n kreet wat ons elkeen moet hoor totdat ons kan sien soos wat Hy ons sien, deur Sy oë.
LIRIEKE
Wat ek sien is iets, iets onbeskryfliks mooi
Sien ek jou
Vers 1:
Ek kan nie nou gaan slaap nie
Daar is iets wat ek wil sê
Iets wat in die dieptes
Van my hart se binnekamers lê
Vers 2:
Sou jy dalk jou oë knip
Of in 'n oomblik asemhaal
Mag jy dalk net mis,
dit wat op my lippe rus
Dit wat ons toekoms saam bepaal
Voor-Koor 1:
Jou hart lê hier by my
Daar's niks wat ek meer wil hê nie,
meer wil hê nie
Jou hart lê hier by my
Daar's niks wat ek meer wil hê nie,
meer wil hê nie as jy
Koor:
Sien ek jou
Sien ek jou
Sien ek jou deur my oë
(x2)
Vers 3:
Wat ek sien is iets,
Iets onbeskryfliks mooi
Ek sien jou hart, jou siel, jou diepste wese
Selfs die plekke waar ander trap, verniel
As ek jou net hier by my kon hou
Hier in my arms toegevou
Moenie vir ‘n oomblik twyfel nie
Hoe ek oor jou voel nie
(Voor-Koor + Koor)
Brug:
Ek het jou lief, ek sal dit uitbassyn
tot die son oor die berge se randjies skyn
(x2)
(Koor)
VIDEOS
Musiek Video
'n Stukkie hart
Ek kan nie eers begin beskryf hoe hierdie musiek-video saamgekom het nie. Dit was 'n geskenk uit die Here se hart & ons het almal lekker gehuil oor hoe ons deur die storie aangeraak is. Mag dit ook met die dieptes van jou hart praat.
Krediete
Video
Ruan Myburgh Films + Stephanie Knipe
Aktrise
Stephanie Knipe
Akteur
David Matthew Botha
Venues
Intiem Weddings, Café Nush